Graphic Design (Ontwerper) portfolio

Met die eerste artikel was ek oortuig ek het my eie idee mooi verstaan. Ek gaan ‘n portfolio optrek. Hoe moeilik kan dit wees? Tweebuffels, and all that.

Die twak is ek lei aan perfectionisme. Die diagnose, hoewel my eie, is terminaal. Meeste aktiwiteite waaraan ek deelneem word daardeur beinvloed. Die nuutste gebied waar my toestand kop uitsteek is grafiese ontwerp.

Ek wil daarin uitblink. Elke dag kan ek sien hoe dit ontwikkel, my tegniese vermoe met die rekenaar program wat ek gebruik. My oog om foute waarvoor ek voorheen blind was te sien.

Met hierdie einste artikel wou ek die leser beindruk met wat ek – so het ek gereken – weet. Na omtrent ‘n halfuur se rondkrap op youtube het ek tot die slotsom gekom; ek weet nie.

Bietjie van ‘n moedbreker

Om vorentoe te beweeg as n ontwerper, ondervinding op te doen, moet ek uitgedaag word. En om die kans vir n uitdaging te kry moet ek wys wat ek reeds kan doen, en – my eie diagnose – ek weet; ‘next to nothing’

Bietjie van n doodloop straat.

Daar is heelparty goedjies wat ‘n goeie portfolio maak.

Typography

3D design

Mockups

Toe onthou ek. Ek weet hoe werk youtube.

Genugtig daar is talentvolle ontwerpers op youtube, wow! Ek poer-poer hier in die vlak modder.

Nou maar goed. Heel eerste op my lys van uitdagings is: typography.

Hoe mens jou eie font kan ontwikkel en dan so programeer dat dit tik. Weet ek glad nie. I havn’t got the foggiest, darling.

Well, here goes then…