What is in a logo?

“What’s in a name? That which we call a rose, by any other name would smell as sweet.” Willem Wikkelspies darem, die man van hoogdrawende slagspreuke en tragiese liefdesverhale. Die man had reg en tog…
Ons klein huisbedryf se naam is persoonlik, baie na aan ons hart. Ons is Dollas.
Dollas, want Drie Meisies Fontein was ‘n mondvol wat nie cool sou gelyk het in ‘n logo nie … of … sou dit?

Nee, dis Dollas, Ma het so gesê.

Lank gelede, was Ma se bottels en brousels, net ‘n droom. Ons kon ure sit en praat oor die toekoms. Dit was lekker en maklik. Toe druk die lewe ons in ‘n blik en ons moet ophou praat en opstaan. Daar was ‘n lang doen-dit-lysie.

Die ontwerp van die logo was my ‘baby’. Ek was die een in die huis met ‘n sertifikaat in grasfiese

ontwerp. Die Logo Indaba is aangekondig en bygewoon, weer uitgeroep en nogmaals bygebring.

Almal het idees gehad. Dis op stukkies papier gekrap. Daar was rusie. Mooi praat. Sommer pure plein baklei. Nes ‘n naam, is ‘n logo persoonlik. Jy wil alles daar indruk. Jou visie, jou hoop, jou doel. Ek het heelparty opgetrek, almal se idees probeer inkorpereer. Dit was heen en weer.

Ten einde laaste het almal ingestem dat ek mag optrek wat ek al so lank probeer verwoord en tog nie in slaag nie. Dis die moeilikheid met ontwerp. Woordeskat.

Die waarde van woorde. Vir party mense beteken modern iets heeltemal anders as vir ander.

Sou ek eerlik wees oor die ontwerp van Dollas se logo, moet ek bieg dat dit alles ‘n beplande ongeluk was. Ontwerp gebeur terwyl jy jou plan probeer lewe gee. Die skuif van ‘n vorm kan iets beter skep as wat jy beoog het. Kleur kan jou ander moontlikhede laat sien, terwyl die ‘font’ die gevoel kan maak of breek. Ek het die Dolla logo amper beplan soos hy uitgekom het, amper.

Daar was eindelik weer eenheid in die huis. Dollas het ‘n logo en daar vat ons.

Aanvanklik was Dollas; souse en soute en lekkergoed. Toe kry Ma Dolla nuwe idees. Ons moes een oggend aan tafel hoor, Dollas is nou Vegan. Ek het die opdrag ontvang om ons logo aan te pas. Ek het by ons vorm gehou, Dollas se logo word al hier en daar herken in die dorp. Boem, Dollas Vegan. Terwyl Ma tofu maak en burger patties bou (wat nie ‘n stukkie vleis in het nie) kry Dollas nog ‘n vertakking.
Ek kry freelance ontwerp ‘jobs’ en Baba Dolla kry Social media kliente! Daar is lank planne rondgegooi vir ‘n naam. Die eerste een was langer as die Drie Meisies Fontein voorstel. Na dit geskuur en skaaf is, sit ons met Dollas marketing.

Hiermee kondig ons Dollas Marketing se bemarkings strategie aan vir 2020. Ons gaan kamma-kliente help met die marketing van hulle produk of dienste. Ons beoog om elke maand, iets anders te ontwerp en af te wys. Die hele ‘exercise’ het nog n doel. GiggelDolla het ‘n Design Portfolio nodig. Two birds with one stone, soos die Engelse sê. Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein, in Afrikaans.

Die heel eerste ding wat moes gebeur vir Dollas marketing was n logo. Siedaar.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *